Die geskiedenis van Neos is ‘n unieke verhaal!
Neos Christenskool kry sy oorsprong vanuit die oudste drie Le Roux-kinders wat in die jaar 2000 ge-tuisonderrig word op hul ouers se plaas Kromdraai te Koedoeskop in die Thabazimbi-omgewing. Die eerste skooldag op 21 Januarie, 2001 begin met 13 leerders uit die onmiddelike omgewing rondom bogenoemde plaas. Die eerste klaskamer waarin leerlinge hulself tuisgemaak het was ‘n ou Gerestoureerde tabakstoor op die plaas wat vroeër jare gebruik is vir tabakboerdery.
Gedurende die jaar van 2001 het die skool se personeel en ouers eenvoudig God vertrou vir Sy vordering en daarmee saam baie hard gewerk om die beste geleenthede te skep vir die kinders. Die leerlinge wat ingeskryf het was almal kinders van ouers wat die Le Roux-familie genader het vir onderrig vir hulle kinders en daarom was “hande vat” die enigste resep vir sukses.
Teen die einde van 2003 lewer Neos sy eerste twee matrikulante en hiervandaan het die skool net gegroei van krag tot krag.
Leersentrums (klaskamers), administratiewe geboue, koshuise, sportvelde, ensomeer is jaar vir jaar bygevoeg. Die klein “tabakstoortjie” van 30 m² het in 21 jaar ontwikkel tot ‘n enorme vloeroppervak van meer as 1500 m² se lokale vir die genot van kinders.
Tans is die visie nog steeds net so vars soos in die jaar 2001 en word verdere uitbreidings van laboratoriums, werkswinkels en meer sportgeriewe as doelwitte gestel vir hierdie pragtige bosveldjuweel van ‘n skool.
The history of Neos is a unique story!
Neos Christian School gets its origins from the oldest three le Roux children, who were taught at home in the year 2000 on their parents’ farm Kromdraai in Kuduskop in the Thabazimbi area. The first school day on 21 January 2001 starts with 13 learners from the immediate area around the above farm. The first classroom in which pupils made themselves feel at home was an old restored tobacco store on the farm that was used during tobacco farming in earlier years.
During the year 2001, the school staff and parents simply trusted God for His progress and worked very hard to create the best opportunities for the children. The pupils who entered were all children of parents who approached the le Roux family for education for their children and therefore “handle” was the only recipe for success.
At the end of 2003, Neos delivered its first two matriculants and since then the school has grown from strength to strength.
Learning centers (classrooms), administrative buildings, residences, sports fields and so on were added year after year. The small “tobacco store” of 30m² has developed into a huge floor area of more than 1500 m² of premises for the enjoyment of children in 21 years.
At present, the vision is still as fresh as in the year 2001, with further expansions of laboratories, workshops and more sports facilities are set as goals for this beautiful bushveld gem of a school.
Neos
The Name Neos is a Greek word that means beginning of new things.
Soos ‘n kuiken onder die hen se vlerk skuil, so skuil ek by U my Heer
Soos ‘n bokkie swak en koud van lewe en leer, so leer U woord my U wil
Soos die welpie knus langs sy mamma lê, so weet ek dat U my altyd lief sal hê
En ek sal opvaar saam met U, op vleuels van die arende
Want U skep my met U vlerk, U vestig my in U koningkryk
U anker my in U geregtigheid, my krag lê in U teenwoordigheid
Soos ek groot word en dalk verdwaal, U sal my nooit faal
As ek koers verloor of kans verbeur, U is in beheer
In die omkeer van elke seisoen in my lewe, so weet ek die ware wynstok lewe
En ek sal opvaar saam met U, op die vleuels vandie arende
Want U skep my met U vlerk, U vestig my in U koningkryk
U anker my in U gerigtigheid, my krag lê in U teenwoordigheid
As a chick hides under the hen’s wing, so I take refuge in You my Lord
Like a kid weak and cold from life and learning, so Your word teaches me Your will
As the puppy lies snugly next to his mom, so I know that You will always love me
And I will ascend with You, on the wings of the eagles
For You create me with Your wing, You establish me in Your kingdom
You anchor me in Your righteousness, My strength lies in Your presence
As I grow up and may get lost, You will never fail me
If I lose course or lose chance, You’re in control
In the turn of every season in my life, so I know the true vine lives
And I will ascend with You, on the wings of the eagles
For You create me with Your wing, You establish me in Your kingdom
You anchor me in Your righteousness, My power lies in Your presence